💛 BADWATER GELOOF

Ek lê in die bad terwyl die badwater intap en ek kom agter die bad word nie vol nie. Ek sien toe die prop is nie mooi in nie en ek plaas dit in posisie. En daar word die bad toe voller.

Ek dink toe, hoe simpel van my … En God tik my op die skouer en se, nee nie simpel. Ek het n boodskap vir jou.

Om in My te glo en vertrou is net soos badwater wat uittap terwyl die kraan oopgedraai is en die badprop nie ingesit is nie. As jy nie die prop insit nie, sal al die boodskappe en woord wat Ek vir jou stuur net uitloop en verlore gaan.

Jesus, My Seun is die prop wat jou geloof verseël en wanneer jy Hom in die regte plek plaas, in jou hart, sal My liefde jou meer en meer opvul.

Sonder Jesus loop jy leeg

Wat n boodskap!

Dankie Vader dat U my vertrou het met hierdie boodskap.